Over 10 mio. titler Fri fragt ved køb over 499,- Hurtig levering 30 dages retur

Thomas@omnibus 1 (moord; skerpioen; aqua)

  • Format
  • E-bog, ePub
  • 344 sider
Er ikke web-tilgængelig
E-bogen er DRM-beskyttet og kræver et særligt læseprogram

Normalpris

kr. 119,95

Medlemspris

kr. 99,95
Som medlem af Saxo Premium 20 timer køber du til medlemspris, får fri fragt og 20 timers streaming/md. i Saxo-appen. De første 7 dage er gratis for nye medlemmer, derefter koster det 99,-/md. og kan altid opsiges. Løbende medlemskab, der forudsætter betaling med kreditkort. Fortrydelsesret i medfør af Forbrugeraftaleloven. Mindstepris 0 kr. Læs mere

Beskrivelse

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar. 1) Thomas@moord.net: Thomas is nie lus om te trek nie. Veral nie na ’n grillerige ou Victoriaanse huis nie. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig ’n spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas die raaisel van die huis oplos ... ’n raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland. 2) Thomas@skerpioen.net: Thomas en Hannes kan nie wag om ’n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. ’n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes is oortuig die speletjie is in werklikheid ’n gevaarlike rekenaarvirus. Hoe ver sal die skurke gaan om die virus terug te kry? 3) Thomas@aqua.net: Thomas-hulle sien uit na ’n wonderlike langnaweek by die see. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis, en dit lei reguit na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar Sharky Fortuin ...

Læs hele beskrivelsen
Detaljer
  • Sidetal344
  • Udgivelsesdato01-10-2018
  • ISBN139780799391862
  • Forlag LAPA Uitgewers
  • FormatePub

Anmeldelser

Vær den første!

Log ind for at skrive en anmeldelse.

Findes i disse kategorier...